Fisiese oefening

Oefening is doelbewuste fisieke aktiwiteit om fiksheid en algemene gesondheid te verbeter of te handhaaf.

Dit word uitgevoer om verskeie redes, insluitend die strewe na massaverlies of om die liggaam instand te hou, ook om groei aan te help en krag te verbeter; die spiere en kardiovaskulêre stelsel te ontwikkel, atletiese vaardighede te slyp, gesondheid te verbeter, of bloot vir plesier. Baie individue kies om buite te oefen waar hulle in groepe kan saamkom, met ander mense sosialiseer en hul welstand sowel as geestesgesondheid te verbeter.[1][2][3][4][5]

Wat gesondheidsvoordele betref, word 2,5 uur matige intensiteit oefening per week gewoonlik aanbeveel om die risiko van gesondheidskwessies te verminder. Terselfdertyd is selfs 'n klein hoeveelheid oefening gesonder as om niks te doen nie. Om selfs 'n uur en 'n half oefening per week te doen of 17 minute per dag, kan die risiko van vroeë dood, kardiovaskulêre siekte, beroerte en kanker verminder.

  1. Kylasov A, Gavrov S (2011). Diversity Of Sport: non-destructive evaluation. Paris: UNESCO: Encyclopedia of Life Support Systems. pp. 462–91. ISBN 978-5-89317-227-0.
  2. Liberman, Daniel (2020). Exercised. Vintage Books. ISBN 978-0593295397.
  3. "7 great reasons why exercise matters". Mayo Clinic (in Engels). Besoek op 2 November 2018.
  4. Bergstrom K, Muse T, Tsai M, Strangio S (19 Januarie 2011). "Fitness for Foreigners". Slate. Besoek op 5 Desember 2016.
  5. Deslandes A, Moraes H, Ferreira C, Veiga H, Silveira H, Mouta R, et al. (2009). "Exercise and mental health: many reasons to move". Neuropsychobiology. 59 (4): 191–198. doi:10.1159/000223730. PMID 19521110. S2CID 14580554.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search